Skip to content

Start of main Navigation

Sel: 084 5060 414
E-pos: bookings@olivehilllodge.co.za
Address:
Adres:
45 Bergh street
Tielman Roos
Olive Hill
Bloemfontein

Olive Hill Country Lodge

Uitsig vanaf stoepHierdie klassieke sandsteen gastehuis in Bloemfontein, is ontwerp om aan te pas by die tipiese Vrystaatse argitektuur en is geleë in 'n eertyds landelike omgewing met 'n buitengewone uitsig. Olive Hill Country Lodge is geleë slegs 3 km noord van Bloemfontein en ongeveer 10 minute vanaf Bram Fisher Internasionale Lughawe. Toegang tot die N1 is 'n verdere aspek in sy guns.

Olive Hill GastehuisGaste sal die nuutgeboude en goed geplaasde slaapkamers met klein kombuis asook en-suite badkamer as 'n toevlug uit die stad beleef, maar terselfdertyd ook naby genoeg aan die stad om gebruik te kan maak van die stadsgeriewe. Olive Hill Country Lodge is ontwerp om by families aanklank te vind, maar ook konferensie gangers en afgevaardigdes wat iets buitengewoon soek in die hartjie van die Vrystaat. bruid sit op die stappeDie landelike atmosfeer teenaan die stad is uniek vir diegene wat nog die stilte van 'n sterbelaaide Vrystaatse nag kan geniet.

Die gastehuis is ook ideaal toegerus vir 'n toekomstige bruid en haar strooimeisies en nabye familielede wat voorberei vir haar troue.

Beskikbaarheid en boek aanlyn

End of content - Back to main navigation